Ons droom, ons verhaal....
Elzaan Pretorius en Renée Groesbeek het in 2007 ontmoet waar albei vir dieselfde korporatiewe onderneming gewerk het. Elzaan was die finansiële rekenmeester en Renée het in verkope + kommunikasie gespesialiseer. Hul verhale is baie eenders ...
Beide het met 'n gesin begin, uit hul maatskappye bedank en voort gegaan met hul lewens.
Vier (4) jaar gelede, een sonnige middag het hulle 'perongeluk' of kom ons stel dit so: 'God se Wil' mekaar by 'n plaaslike winkelsentrum raakgeloop. Hul eerste woorde aan mekaar was ... Laat ons 'n kleuterskool begin!
God het hierdie saadjie in hul harte geplant en in Januarie 2017 het hul droom om hul eie onderneming te begin, 'n waarheid geword. Hulle het 'n reedsbestaande skooltjie gekoop wat uit slegs 29 kinders bestaan het en teen Februarie 2018 is hul geseënd met 'n ongelooflike aantal van
94 kinders!